Ek is aan Leoni voorgestel deur 'n kollega van my dogter, wie se vriendin se Moeder deur Leoni versorg word. Sy het twee keer 'n week my man wat dementia het versorg met sy bad, skeer en aantrek. Sy het hom ontbyt gegee en die kamer opgeruim. Sy het een dag per week vir 2 uur hom opgepas terwyl ek inkopies en besigheid gaan doen het. Sy is betroubaar en dra altyd die welstand van die pasiƫnt op haar hart. Leoni is baie ervare en dus kon sy my baie raad gee oor hoe om my man te hanteer in sekere situasies. Sy het 'n sprankelende geaardheid en sy is 'n sonstraal in ons lewe. My man, wie nie baie kan onthou nie, het baie keer gevra wanneer sy weer gaan kom.
Copyright © Hands Of Grace. All Rights Reserved. A Design Media Production